Job 39:22-28 Die Boodskap (DB)

22. “Job, gee jy miskien vir die perd sy krag? Het jy gesorg vir die golwende maanhare op die perd se nek?

23. Maak jy dit vir hom moontlik om soos ’n sprinkaan te kan spring? Het jy vir die perd sy trotse snork gegee waarmee hy mense afskrik?

24. Hy kap met sy hoef in die grond en wys sy krag. As hy in ’n oorlog ingaan,

25. ken hy nie so iets soos vrees nie. Geen wapen sal hom laat weghardloop nie.

26. Al raas en blink die wapens, dit skrik hom nie af nie.

27. Hy skud en bewe van spanning en kap in die grond. Hy kan nie wag dat hulle die trompet blaas wat die teken gee om aan te val nie.

28. Hy snork as hy die klank van die beuel hoor. Hy snuif in die lug asof hy die geveg op ’n afstand kan ruik. Hy kan hoor wanneer die offisiere bevele uitskreeu.

Job 39