4. Hulle sink skagte in die grond op plekke wat nie naby gebiede is waar mense bly nie. Hulle sak dan met toue af en swaai heen en weer, ver van die mense af.
5. Graan groei in die grond en op die ou einde word dit brood wat mense eet. Maar onder die aarde gebruik hulle vuur om die rotse te breek en te smelt.
6. In die klip kry hulle saffiere en ook poeierfyn goud.
7. Die roofvoëls weet nie waar hierdie skatte is nie. Die valke kan dit ook nie sien nie.
8. Die roofdiere kom nie daar nie. Daar is nog nie ’n leeu wat al daaroor geloop het nie.
9. Die mense kap aan die hardste rotse. Hulle keer amper die berge om soos hulle aan die fondasie grawe.
10. Hulle sny tonnels deur die rotse en soek ywerig na elke moontlike edelsteen wat hulle kan kry.
11. Hulle dam die klein stroompies op op soek na die weggesteekte skatte wat hulle wil uithaal.
12. “Maar waar kan ’n mens wysheid kry? Waar kom iets soos ‘om te kan verstaan’ vandaan?
13. Niemand weet wat wysheid eintlik werd is nie. ’n Mens kry dit net nie onder die mense op hierdie aarde nie.
14. Selfs die diep waters en die see sê: ‘Die wysheid is nie hier by ons nie.’