8. In hulle leeftyd sien hulle hoe hulle kinders grootword en koers in die lewe kry. Hulle sien ook hoe hulle kleinkinders opgroei.
9. Hulle leef baie veilig en rustig in hulle huise, want God straf hulle nie.
10. Hulle boer ook vooruit. Hulle vee teel goed aan. Hulle verloor ook nie kalwers by geboorte nie.
11. Hulle kinders speel soos lammetjies en dans rond omdat hulle bly is.
12. Hulle sing op die maat van die tamboeryn en die harp. Hulle is opgewek en vermaak hulleself met fluitmusiek.
13. Hulle leef hulle hele lewe lank in weelde en gaan in vrede dood.