7. Die Here het vir Israel ’n waarskuwingsboodskap gestuur. Die dinge waaroor Hy hulle gewaarsku het, gaan hierdie nageslag van Jakob beslis tref.
8. En die verwaande mense van Efraim en Samaria sal dit binnekort ontdek.
9. Hulle wat so selfversekerd sê: “Die baksteengeboue het nou wel omgeval, maar ons sal dit met klipgeboue vervang. En ons sal sederbome plant in die plek van die wildevyebome wat afgekap is.”
10. Die Here se reaksie hierop is om hulle vyande aan te hits om hulle aan te val.
11. Die Siriërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste storm op Israel af soos roofdiere om hulle op te vreet. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.
12. Ten spyte van die straf het die volk hulle nie bekeer en na die Here toe teruggedraai nie. Hulle het ook nie gevra wat Hy van hulle verwag nie.
13. Daarom sal die Here Israel op een dag heeltemal vernietig. Hy gaan die kop en die stert, die palmtak en die riete saam afsny.
14. Die kop is die leiers en hulle vriende, terwyl die profete wat so lieg die stert is.