Jesaja 9:7-11 Die Boodskap (DB)

7. Die Here het vir Israel ’n waarskuwingsboodskap gestuur. Die dinge waaroor Hy hulle gewaarsku het, gaan hierdie nageslag van Jakob beslis tref.

8. En die verwaande mense van Efraim en Samaria sal dit binnekort ontdek.

9. Hulle wat so selfversekerd sê: “Die baksteengeboue het nou wel omgeval, maar ons sal dit met klipgeboue vervang. En ons sal sederbome plant in die plek van die wildevyebome wat afgekap is.”

10. Die Here se reaksie hierop is om hulle vyande aan te hits om hulle aan te val.

11. Die Siriërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste storm op Israel af soos roofdiere om hulle op te vreet. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.

Jesaja 9