6. Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.
7. Die Here het vir Israel ’n waarskuwingsboodskap gestuur. Die dinge waaroor Hy hulle gewaarsku het, gaan hierdie nageslag van Jakob beslis tref.
8. En die verwaande mense van Efraim en Samaria sal dit binnekort ontdek.
9. Hulle wat so selfversekerd sê: “Die baksteengeboue het nou wel omgeval, maar ons sal dit met klipgeboue vervang. En ons sal sederbome plant in die plek van die wildevyebome wat afgekap is.”
10. Die Here se reaksie hierop is om hulle vyande aan te hits om hulle aan te val.