1. Die Here sê: Julle moet reg doen. Julle moet regverdig wees teenoor ander mense. Ek kom julle binnekort bevry.
2. Die man wat die sewende dag reg deurbring en wat nie verkeerde dinge doen nie, sal gelukkig wees.
3. Iemand wat van ’n ander volk kom, moet nooit dink die Here is nie bereid om hom in sy volk op te neem nie. Iemand wat sy manlikheid verloor het, hoef nie te dink dat hy onaanvaarbaar is omdat hy nie kinders kan hê nie.
4-5. Vir die ontmandes sê die Here: As hulle op die sewende dag maak soos Ek van hulle vra en by my ooreenkoms met hulle bly, sal Ek hulle ’n erenaam gee in my tempel. Dit sal ’n naam wees wat selfs beter is as kinders. Hulle sal ’n naam kry wat vir altyd onthou sal word.
6. Ek sal die man wat van ’n ander volk af kom en bereid is om die Here lief te hê, toelaat om na my woonplek toe te kom. Hy moet doen wat die Here van hom vra. Hy moet gewillig wees om die sewende dag reg deur te bring. Hy moet ook volgens die ooreenkoms van die Here leef.