Jesaja 50:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Die Here vra: Het julle ma ’n skeibrief wat kan bewys dat dit Ek is wat haar weggestuur het? Het Ek iemand geld geskuld dat Ek julle aan hom moes verkoop om die skuld te betaal? Dit is oor julle eie oortredings dat julle aan ’n ander uitverkoop is. Dit is oor julle sondes dat julle ma weggestuur is.

2. Hoekom was daar niemand om My te ontmoet toe Ek na julle toe gekom het nie? Ek het na julle geroep, maar niemand het My geantwoord nie. Is Ek dan nie sterk genoeg om julle te bevry nie? Het Ek nie genoeg krag om julle te red nie? As Ek met die see raas, droog dit net daar op. Ek kan van ’n rivier ’n droë sandbedding maak. Die visse vrek sonder water en lê en stink.

Jesaja 50