1. Jou ondergang wag op jou, verwoester, want al het niemand jou verwoes nie, het jy nie omgegee om ander nasies uit te roei nie. Jy verwag dat ander jou moet respekteer en hulle beloftes moet nakom, maar jý leef van leuens en ontrou. Wel, nou is dit jou beurt om verraai en vernietig te word, net soos jy met die ander nasies gedoen het.
2. Here, help ons, want ons het ons hoop op U gevestig! Beskerm ons elke dag en red ons as ons in die moeilikheid beland.
3. Slegs die klank van u stem is genoeg om die vyand uitmekaar te laat spat en te laat vlug.
4. Die mense sal op die buit wat hulle agterlaat, toesak en dit plunder soos ’n swerm sprinkane op ’n groen land.
5. Die Here is groot en Hy regeer oor die hele aarde. Hy sal sorg dat daar reg en geregtigheid in Jerusalem geskied.