Jesaja 31:6-9 Die Boodskap (DB)

6. My volk, al is julle opstandige rebelle, draai terug na die Here toe!

7. Ek weet daar kom ’n dag dat julle almal al die sondige goue en silwer afgodsbeelde wat julle gemaak het, sal weggooi.

8. Dan sal die Assiriërs doodgemaak word, maar nie met mensgemaakte wapens nie. Nee, hulle sal vlug voor die Here en hulle jongmans sal weggevat word om slawearbeid te gaan verrig.

9. Assirië se koning op wie hulle al hulle hoop gevestig het, sal paniekbevange op die vlug slaan. Hulle offisiere sal vol vrees van die slagveld af weghardloop en hulle soldate net so in die steek laat. So sê die Here ter ere van wie die vuur op die altaar in Sion vir die offers brand en ter ere van wie die altaar in Jerusalem van die brandoffers rook.

Jesaja 31