Jeremia 19:9-12 Die Boodskap (DB)

9. Jerusalem sal deur vyande omsingel word wat die mense van die stad wil uitroei. Omdat kos skaars sal word, sal die ingehokte mense moed begin verloor en baie lelike dinge begin doen. Van die mense sal hulle eie kinders en vriende begin eet.”

10. Die Here het vir my gesê: “Jeremia, breek nou die kleipot voor die oë van die mense wat jy saam met jou gebring het en

11. sê vir hulle: Dit is wat die Here wat sterker as alles en almal is, sê: Soos hierdie kleipot hier voor julle in skerwe lê, so sal Ek met die mense van Juda en Jerusalem maak. Hulle sal soos hierdie kleipot wees wat nie weer heelgemaak kan word nie. Hulle sal die lyke van die mense in Tofet begrawe omdat daar nêrens anders meer plek sal wees nie.

12. Dit is wat Ek met hierdie stad en sy mense sal doen,” sê die Here. “Ek sal die stad soos Tofet maak.

Jeremia 19