Hosea 11:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Toe Israel nog ’n seuntjie was, was Ek al lief vir hom. Ek het hom uit Egipte uit laat kom om my seun te kom word.

2. Hoe meer Ek egter na hulle geroep het, hoe meer het hulle agter afgode aangeloop. Hulle het vir die Baäls offers gebring. Hulle het vir die beelde van gode wierook gebrand.

3. “Ek self het babatjie Efraim geleer om te loop. Ek het Efraim soos ’n babatjie in my arms rondgedra. Ek het hulle vertroetel. Nou wil hulle dit nie meer onthou nie.

Hosea 11