Hooglied 5:2-5 Die Boodskap (DB)

2. Een nag het ek van my geliefde gedroom. Hy het aan die deur kom klop en gesê: “Liefste, maak oop. My duifie, laat my inkom. Ek was heelnag buite en my kop is nat van die dou en my hare van die reën.”

3. “Ek kan nie,” het ek vir my geliefde gesê. “So pas het ek my uitgetrek en waarom weer aantrek? My voete het ek so pas gewas en waarom dit weer vuilmaak?”

4. My geliefde het toe die deur probeer oopkry en my hart het van opwinding gebons.

5. Naderhand het ek vinnig opgespring om die deur oop te maak. My hande was vol parfuum en my vingers het van die mirre gedrup. Ek het die handvatsel gedraai

Hooglied 5