Handelinge 28:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Toe ons almal die veiligheid van die strand bereik het, het ons agtergekom dat ons op die eiland Malta was.

2. Die mense wat daar gebly het, het ons met oop arms ontvang. Hulle het dadelik ’n groot vuur aangesteek omdat hulle gesien het dat ons baie koud kry. Boonop was ons almal papnat omdat dit intussen ook begin reën het.

3. Almal het hout vir die groot vuur bymekaargemaak. Paulus het ook hand bygesit. Toe hy ’n bondel hout op die vuur kom neersit, het ’n giftige slang skielik tussen die hout uitgekom en hom aan sy hand gepik.

Handelinge 28