Handelinge 21:39-40 Die Boodskap (DB)

39. “Nee, ek is ’n Jood,” antwoord Paulus. “Ek kom van daardie beroemde stad Tarsus in Silisië af. Mag ek asseblief die skare toespreek?”

40. Die aanvoerder het geknik. Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die skare beduie om stil te bly. Almal het doodstil geword toe hy met hulle in Hebreeus begin praat.

Handelinge 21