Toe die ander Jode sien wat gebeur, was hulle baie jaloers. Hulle het agteraf met leeglêers gaan konkel om die inwoners teen Paulus en Silas op te sweep. Spoedig het hierdie mense oral deur die stad amok begin maak terwyl hulle na die Here se twee boodskappers gesoek het.