Genesis 49:13-27 Die Boodskap (DB)

13. “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.

14. “Issaskar is soos ’n donkie wat ’n lekker lêplek soek en hom by die skape se voerbak uitstrek.

15. Vir Issaskar is sy woongebied mooi,’n goeie plek om in te woon.Daarom het hy baie hard gewerk.Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk.

16. “Dan sal ’n goeie leier vir sy mense weesen sy stam net so belangrik soos al die ander stamme.

17. Mag Dan soos ’n slang by die grootpad weeswat die vyand se perde in die hakskeen bytsodat die ruiter agteroor val.”

18. Op hierdie stadium het Jakob ’n skietgebed opgesê: “Here, ek wag dat U my kom red.” Toe het hy weer verder gegaan.

19. “’n Bende rowers sal Gad aanval, maar hy sal hulle oorwin en agternasit.

20. “Aser se land is vrugbaaren sy oeste ryk.Selfs ’n koning kan van sy lekkernye eet.

21. “Naftali is soos ’n takbok,wild en vry,en sy lammetjies mooi.

22. “Josef is ’n vrugbare boom wat by die fontein groei. Sy takke groei oor die muur.

23. Sy vyande het hom met alle mag aangevalen hom met hulle pyle en boë agtervolg.

24. Daar het egter niks van gekom nie,want hulle boë was te styfen hulle arms te bewerig.Jakob se sterk God het Josef bewaar. Israel se Herder en Beskermerwas heeltyd by Josef.

25. Josef, dit is my God wat jou so help.Dit is die almagtige God wat jou seënsodat dit altyd by jou sal reën, sodat daar genoeg water vir putte en fonteine sal weesen sodat jou vee en kinders sal vermeerder.

26. Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde,ryp gesaaides soos in die ou tyd,mooi en vrugbare heuwels.Mag al hierdie woorde waar word,want Josef is anders as sy broersen hy sal hulle lei.

27. “Benjamin is soos ’n woedende wolf.In die môre vang hy sy prooien in die aand deel hy dit met almal.”

Genesis 49