1. Jakob het al sy seuns laat kom en vir hulle gesê: “Kom staan hier om my. Ek wil iets oor elkeen van julle en julle toekoms sê.
2. “Kom, Jakob se kinders, staan nader en luister goed. Luister mooi na julle pa, Israel.
3. Ruben, jy is nou wel my eersgeborene,my steunpilaar en my eerstelingseun.Jy moes die vernaamsteen die belangrikste onder jou broers gewees het.
4. Jy is egter soos ’n waterstroom wat sy eie pad loop. Jy sal nie meer die belangrikste wees nie,want jy het by Bilha, my byvrou, geslaapen my diep seergemaak.
5. “Simeon en Levi is broers.Hulle is mans van gewelden hulle doen die allerverskriklikste dinge.
6. Met hulle geheime planne wil ek niks te doen hê nie.Ek wil nie deel van hulle vergaderings en grootpratery wees nie.In hulle verskriklike woede maak hulle mense dood en maak hulle diere moedswillig kreupel.
7. Dit sal sleg met hulle gaanomdat hulle woede geen perke ken nie,omdat hulle wrede dinge aanvang.Ek sal hulle sonder enige grond tussen die ander stamme laat woon.
8. “Juda, al jou broers sal jou eer.Jou vyande sal jou onderdanig wees.Jou broers sal in respek voor jou buig.
9. Juda is soos ’n jong leeu,hy vernietig sy prooi en keer na sy lêplek terug.Soos ’n leeu krul hy hom in sy blyplek open niemand sal dit naby sy skuilplek waag nie.
10. Juda sal nog koning worden sy koningskap sal eeue lank duur.Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke komom in eerbied voor hom te buig en hom te eer.
11. Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang.Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eeten sy klere sal hy in rooi wyn was.
12. Sy mooi oë sal donkerder as wyn weesen sy tande wit van al die melk.
13. “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.
14. “Issaskar is soos ’n donkie wat ’n lekker lêplek soek en hom by die skape se voerbak uitstrek.
15. Vir Issaskar is sy woongebied mooi,’n goeie plek om in te woon.Daarom het hy baie hard gewerk.Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk.