25. Teen dagbreek het Jakob ontdek hy is bedrieg. Langs hom was Lea en nie Ragel nie. Woedend het hy Laban toegesnou: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het sewe jaar vir jou gewerk sodat ek Ragel kon kry en toe bedrieg jy my. Hoekom het jy dit gedoen?”
26. Kom nou, kom nou,” het Laban gesê. “Hier by ons gebeur dinge anders. Hier trou ’n mens eers met die oudste dogter en dan met die jongste.
27. Vier tog hierdie week die huweliksfees saam met ons, dan sal ek Ragel ook vir jou gee. Ek beloof jou, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”
28. Jakob het ingestem. ’n Week lank het hy die huweliksfees gevier. Aan die einde van die feestyd het Laban toe Ragel vir hom as vrou gegee.