5. Lot, Abram se broerskind wat heeltyd nog saam getrek het, het ook ’n klomp vee en mense gehad wat vir hom werk.
6. Naderhand kon hulle nie meer saamleef nie. Die vee was te veel en die land te klein.
7. Abram en Lot se werksmense het ook baie met mekaar begin baklei. In dié tyd het die Kanaäniete en die Feresiete in die land gebly.
8. Abram het toe vir Lot gesê: “Laat daar tog nie spanning tussen ons twee wees nie, en ook nie tussen ons werksmense nie. Ons is tog immers familie.