Esra 5:3-9 Die Boodskap (DB)

3. Tattenai was in daardie stadium die goewerneur van Wes-Eufraat. Hy het Setar-Bosnai en ander amptenare saam met hom Jerusalem toe gevat en met die Judeërs gaan praat. Hy het vir hulle gevra: “Wie het gesê julle mag aangaan om die tempel te bou en te probeer klaarmaak?”

4. Hulle wou ook weet wat die name was van die mans wat aan die hoof was van die bouwerk.

5. Maar God het die leiers van die Judeërs beskerm. Hy het gesorg dat die amptenare hulle toelaat om aan te gaan met die bouery terwyl hulle gewag het vir ’n antwoord op die brief wat hulle vir koning Darius geskryf het.

6. Hier is nou ’n afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, saam met Setar-Bosnai en die ander Persiese amptenare vir koning Darius geskryf het.

7. In die brief het gestaan:Aan koning Darius. Ons groet die koning.

8. Ons wil aan die koning rapporteer dat ons na die hoofstad van Juda gegaan het. Daar word in Jerusalem ’n tempel gebou van gekapte klip en houtbalke wat in die muur vasgesit word. Hulle werk hard. Die werk vorder vinnig.

9. Ons het vir die voormanne by die werk gevra wie vir hulle gesê het hulle mag voortgaan om die tempel te bou en dit klaar te probeer maak.

Esra 5