Esra 3:11-13 Die Boodskap (DB)

11. Hulle het vir die Here lofliedere gesing en sy Naam grootgemaak: “Ons maak die Here se Naam groot, want Hy is baie goed vir ons. Sy liefde vir Israel hou nooit op nie.”Toe die hoeksteen op sy plek was, het almal wat daar was, uit volle bors vir die Here begin sing oor hoe groot en wonderlik Hy is.

12. Baie van die ouer priesters, Leviete en leiers van families, wat nog met hulle eie oë die vorige tempel gesien het, het hardop begin huil. Baie ander het van vreugde gejuig.

13. Niemand kon onderskei wat vreugdekrete was en watter ’n gehuil was nie. Dit was ’n oorverdowende lawaai wat tot in die verte gehoor kon word.

Esra 3