Esra 2:26-42 Die Boodskap (DB)

26. uit Rama en Geba 621;

27. uit Mikmas 122;

28. uit Bet-El en Ai 223;

29. uit Nebo 52;

30. uit Magbis 156;

31. uit Elam 1 254;

32. uit Garim 320;

33. uit Lod, Gadid en Ono 725;

34. uit Jerigo 345 en

35. uit Senaä 3 630.

36. Uit die priesters wat by God se huis werk wat teruggekom het, was daar: van Jedaja (uit die nageslag van Jesua) 973;

37. van Immer 1 052;

38. van Pasgur 1 247 en

39. van Garim 1 017.

40. Uit die familie van Levi wat teruggekeer het, was daar van Jesua en Kadmiël (uit die nageslag van Hodaja) 74.

41. Sangers uit die Asaf-groep was 128.

42. Mense wat by die deure van die tempel gestaan het uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai was 138.

Esra 2