Esegiël 42:5-14 Die Boodskap (DB)

5. Die kamers bo was kleiner as dié wat onder was. Die boonste kamers was kleiner as die kamers net daaronder.

6. Die kamers was in drie verdiepings gebou. Hulle het nie op pilare gerus soos die ander kamers nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as dié reg onder hulle.

7. Daar was ’n muur voor hierdie gebou al langs die buitekant. Die muur was 25 meter lank.

8. Die lengte van die kamers was teen die een kant 25 meter, maar aan die kant van die huis van die Here was dit 50 meter.

9. Die toegang na die onderste kamers toe was aan die oostekant.

10. Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste ingang, aan die suidekant teen die oop area voor die huis van die Here. Daar was kamers teen die muur

11. met ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle afmetings

12. was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was ook ’n ingang aan die punt van die gang, aan die oostekant wanneer ’n mens ingaan.

13. Die man het vir my gesê: “Niemand mag in hierdie kamers noord en suid van die oop area voor die huis van die Here kom nie. Dit is slegs daar vir die mense wat in die huis van die Here werk. Net hulle mag dit gebruik. Dit is hulle eetplek. Daar sit hulle die offers neer wat hulle op die altaar bring, offers van meel en ander offers wat hulle bring om mense se slegte dade vergewe te kry. Niemand mag hier kom wat nie hier hoort nie.

14. Wanneer die mense wat hier werk, hier ingekom het, mag hulle nie weer hier uitgaan na die buitenste ingang nie. Hulle moet eers die klere waarin hulle gewerk het, uittrek. Selfs die klere wat hulle gedra het, mag slegs in die diens aan die Here gebruik word. Hulle moet eers ander klere aantrek. Daarna kan hulle na die ander plekke toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”

Esegiël 42