44. Buite die ingangsportaal was kamers waar die mense kon bly wat in die huis van die Here musiek gemaak het. Die vertrekke was by die ingang aan die noordekant en het suid gekyk. Teen die ingang aan die oostekant was daar ook ’n kamer, wat noord gekyk het.
45-46. Die man het toe vir my verduidelik: Die vertrek wat suid kyk, is daar sodat die mense wat in die huis van die Here werk, daarin kan bly. Dis net bedoel vir mense wat in die huis van die Here werk. Slegs hulle wat kleinkinders van Levi is, mag in die huis van die Here werk.
47. Die man het toe die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Dié vertrek was 50 meter by 50 meter. Die altaar waarop die offers gebring is, was voor die huis van die Here.