8. Hy sal eerste die groot dorpe van Tirus vernietig. Dan sal hy die hoofstad van die land aanval. Hy sal ’n wal teen die stad se mure oprig. Dan sal hy jou muur vernietig en oor die stad stroom met al sy soldate.
9. Hy sal al jou mure afbreek en jou torings vernietig.
10. Hy sal met duisende perde teen jou optrek. As al die perde deur jou stad jaag, sal jy vaal word soos hulle stof opskop. Die gedreun van die baie perde sal jou mure laat bewe. Hulle sal deur jou stukkende hekke ry en óór jou stad stroom.
11. Die soldate en hulle perde sal jou strate vertrap. En hulle sal jou mense voor die voet doodmaak. Die sterkste pilare waarop jou huise en geboue rus, sal hulle alles omgooi.
12. “Hulle sal vat net wat hulle wil hê. Dan sal hulle al jou mure omgooi. Al die mooi huise sal hulle afbreek. Hulle sal die stene en die hout waarvan jou huise gebou is, in die see gooi.