Esegiël 19:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Leer hierdie lied sodat jy dit by die begrafnis van die konings van Israel kan sing.

2. “Wat is jou ma?’n Leeuwyfie tussen die leeus!Sy het tussen die jong leeus gaan lê. Daar het sy haar welpies grootgemaak.

3. Een van haar welpies het sy gekies en grootgemaak. Hy het ’n jong leeumannetjie geword.Hy het geleer om sy prooi te vang en op te vreet. Toe het hy mense begin vang.

Esegiël 19