Esegiël 11:20-23 Die Boodskap (DB)

20. Dan sal hulle luister na wat Ek vir hulle sê, en hulle sal dit ook doen. Hulle sal presies alles doen net soos Ek vir hulle beveel om te doen. Dan sal hulle my volk wees en Ek sal hulle God wees.

21. Maar daardie mense wat aanhou slegte dinge doen en afgode aanbid, sal Ek vernietig. Hulle sal betaal vir al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het,” sê die Here, Esegiël se God.

22. Toe het die boodskappers onder die troon van die Here hulle vlerke gelig en in die lug opgestyg met die wiele wat langs hulle draai. En die Here het op sy troon bokant die boodskappers gesit.

23. Toe het die Here weggegaan uit die stad uit en bokant die berg aan die oostekant van die stad gaan staan.

Esegiël 11