3. Die wesens het aan die suidekant van die huis van die Here gestaan toe die man onder hulle wiele ingestap het. Dit het gelyk of ’n wolk die huis van die Here vul toe die Here daar verskyn het.
4. Toe het die teenwoordigheid van die Here opgestyg bokant die vier wesens. Die Here het na die deur van sy huis toe gegaan. Die hele huis was vol van die Here se krag. Selfs buitekant die huis van die Here het dit geblink toe die Here daar verskyn het.
5. Die vlerke van die wesens wat beweeg het, het ’n oorverdowende geraas gemaak wat soos die stem van die Here geklink het. ’n Mens kon die geraas tot buite die huis van die Here hoor.
6. Die Here sê toe vir die man wat in sy huis diens doen: “Gaan nou tussen die wesens in en vat weer van die gloeiende kole wat tussen die wiele onder die wesens is.” Die man het toe ingegaan tussen die wiele en langs een van die wiele gaan staan.