Eksodus 5:22-24 Die Boodskap (DB)

22. Moses het toe na die Here teruggegaan en by Hom gekla: “Ag, Here, hoekom maak U nou so lelik met die volk? Hoekom het U my na die farao toe gestuur?

23. Van die oomblik af dat ek vir hom gaan sê het wat U wil hê hy moet doen, het hy ons volk net al slegter behandel. U het nog niks gedoen om u volk te red nie.”

24. Maar die Here het vir Moses gesê: “Wag ’n bietjie en kyk wat Ek met die farao gaan maak. Ek gaan hom nie net oorreed om my volk te laat trek nie, maar Ek gaan hom selfs so ver kry dat hy hulle uit sy land sal wegjaag.”

Eksodus 5