Eksodus 27:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Jy moet ’n staander van akasiahout maak waarop die offers by die tent gebring kan word. Dit word die altaar genoem. Dit moet vierkantig wees: twee en ’n half meter breed aan elke kant en een en ’n half meter hoog.

2. Op elke hoek moet jy ’n uitsteeksel vassit wat soos die horings van ’n bees lyk. Jy moet die hele altaar met koper oortrek.

3. Die gereedskap wat by die altaar gebruik word, moet ook alles van koper gemaak word. Die gereedskap is die panne waarin die as uitgekrap word, die skoppe, die komme, die vurke en die panne waarin die vuurkole geskep word.

14-15. met tien meter muur aan elke kant van die ingang. Die linnemure aan al twee kante van die opening hang ook elkeen aan drie regop pale wat op voetstukke staan.

Eksodus 27