Eksodus 11:9-10 Die Boodskap (DB)

9. Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nog steeds nie na julle luister nie, maar dit sal My kans gee om nog meer dinge in Egipte te laat gebeur.”

10. Al het Moses en Aäron al hierdie dinge voor die farao gedoen, het die Here gemaak dat hy hardekop gebly het. Hy het aanhou weier om die Israeliete uit sy land uit te laat weggaan.

Eksodus 11