Daniël 3:9-15 Die Boodskap (DB)

9. Hulle het vir koning Nebukadnesar gesê: “Lank lewe die koning!

10. U het mos die opdrag gegee dat as die musiek begin, almal voor die goue standbeeld moet kniel en dit moet aanbid,

11. en dat enigeen wat weier om dit te doen, dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi moet word.

12. Wel, daardie Judeërs, Sadrag, Mesag en Abednego, wat u aan die bestuur van die provinsie Babel geplaas het, steur hulle nie aan u opdrag nie. Hulle weier om u gode te aanbid of om voor die beeld wat u laat maak het te kniel.”

13. Hieroor was Nebukadnesar baie kwaad. Hy het opdrag gegee dat Sadrag, Mesag en Abednego na hom toe gebring moet word. Toe hulle voor hom staan,

14. het Nebukadnesar vir hulle gevra: “Sadrag, Mesag en Abednego, is dit waar dat julle weier om my gode te aanbid en om voor die goue beeld wat ek gemaak het te kniel?

15. Ek gaan julle nog een kans gee. As julle bereid is om voor die standbeeld te kniel en dit te aanbid as julle die musiek hoor, sal ek niks aan julle doen nie. Maar as julle weier, sal julle dadelik in die vuurwarm oond gegooi word. Dink mooi, want watter god sal julle daaruit kan red?”

Daniël 3