Daniël 3:5-12 Die Boodskap (DB)

5. Sodra julle die trompette, fluite, siters, liere, harpe en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle voor die goue beeld kniel wat koning Nebukadnesar laat maak het en dit aanbid.

6. Enigeen wat weier om die beeld te aanbid sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

7. Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, toe hulle die blaas- en musiekinstrumente hoor speel, voor die beeld gekniel wat koning Nebukadnesar laat oprig het en dit aanbid.

8. ’n Klompie Babiloniërs het die Judeërs in die moeilikheid probeer kry.

9. Hulle het vir koning Nebukadnesar gesê: “Lank lewe die koning!

10. U het mos die opdrag gegee dat as die musiek begin, almal voor die goue standbeeld moet kniel en dit moet aanbid,

11. en dat enigeen wat weier om dit te doen, dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi moet word.

12. Wel, daardie Judeërs, Sadrag, Mesag en Abednego, wat u aan die bestuur van die provinsie Babel geplaas het, steur hulle nie aan u opdrag nie. Hulle weier om u gode te aanbid of om voor die beeld wat u laat maak het te kniel.”

Daniël 3