28. Toe sê Nebukadnesar: “Loof die God van Sadrag, Mesag en Abednego! Hy het sy engel gestuur om hierdie mense wat Hom dien en vertrou te kom red. Hulle het geweier om die koning se bevel te gehoorsaam. Hulle was bereid om dood te gaan eerder as om enige ander god te aanbid behalwe hulle eie God.
29. Daarom vaardig ek vandag ’n koninklike bevel uit. Enige persoon van watter volk, nasie of taalgroep ook al wat lelike dinge sê van Sadrag, Mesag en Abednego se God, moet onmiddellik stadig doodgemaak en sy huis vernietig word. Daar is nie nog ’n god hier op aarde wat so kan red nie.”
30. Hierna het die koning vir Sadrag, Mesag en Abednego na nog hoër posisies in die provinsie Babel bevorder.