7. Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie. Ek sal vir jou net goed wees omdat ek en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was. Ek gaan al jou oupa Saul se grond vir jou teruggee, en jy kan altyd by my kom eet.”
8. Hy het weer teen die grond gebuig en gesê: “U Majesteit, ek weet nie hoekom u dit vir my doen nie, want ek is niks meer werd as ’n dooie hond nie.”
9. Dawid het toe vir Siba, die man wat vir Saul gewerk het, gesê: “Siba, ek gee nou al die grond en goed van Saul, jou vorige baas, en van sy familie vir hierdie kleinkind van hom.
10. Jy en jou seuns en jou werkers moet die grond vir hom bewerk en vir hom oes sodat daar vir hom genoeg is om van te lewe. Mefiboset self kan altyd by my eet.”(Siba het vyftien seuns en twintig werkers gehad.)
11. Siba sê toe vir die koning: “U Majesteit, ek sal alles doen wat u vir my gesê het.”Mefiboset het toe soos een van die koning se eie seuns gereeld in die paleis geëet.