14. Die volgende môre het Dawid vir Joab ’n brief geskryf wat hy saam met Urija gestuur het.
15. In die brief het daar gestaan: “Sit vir Urija heel voor in die kwaaiste geveg. Los hom dan alleen sodat hulle hom kan bykom en hom doodmaak.”
16. Joab het geweet waar die dapperste manne van die stad was. In die geveg om in die stad in te kom het hy toe vir Urija op daardie plek gesit.
17. Die soldate van die stad het uitgekom om teen Joab te veg. Van Dawid se soldate is in die geveg dood. Urija, die Hetiet, was een van hulle.