2 Kronieke 6:37-42 Die Boodskap (DB)

37. Hulle kan daar in die vreemde land besef dat hulle verkeerd was en hulle bekeer. As hulle dan bely: ‘Ons het sonde gedoen, ons was verkeerd en goddeloos,’

38. en hulle bekeer hulle tot U en bid in die rigting van Jerusalem, na dié tempel wat ek vir U gebou het,

39. luister dan uit die hemel waar U woon na hulle gebed. Vergewe hulle.”

40. “O God, luister tog na al die gebede wat hiervandaan tot U gebid sal word.

41. “Kom, Here, na u rusplek toe. Kom na u ark toe wat wys hoe sterk U is. Laat u priesters net doen wat reg is. Laat die mense wat U dien, van vreugde sing.

42. Moenie die een vergeet wat U spesiaal as koning aangewys het nie, al is dit net ter wille van Dawid.”

2 Kronieke 6