12. ’n Klompie leiers van Efraim het met die profeet saamgestem. Hulle was Asarja, Joganan se seun, Berekja, Mesillemot se seun, Hiskia, Sallu se seun en Amasa, Gadlai se seun.
13. Hulle het vir die soldate gesê: “Julle moet nie eens daaraan dink om die gevangenes hierheen te bring nie! Ons kan dit nie bekostig om nog meer sonde en skuld te hê nie. Ons skuld is al klaar baie groot. En die Here se woede dreig om enige oomblik teen ons los te bars!”
14. Die soldate het toe die gevangenes daar voor die leiers en almal wat daar bymekaar was, vrygelaat en die goed wat hulle gevat het, gelos.