2 Kronieke 22:10-12 Die Boodskap (DB)

10. Toe Atalia hoor dat haar seun, Ahasia, dood is, het sy besluit om ook die res van die koningsgesin uit te wis.

11. Ahasia se suster, Jehoseba, het egter Atalia se planne in die wiele gery. Sy was ’n dogter van koning Joram van Juda en sy het Ahasia se babaseuntjie, Joas, tussen die ander kinders weggevat, want sy het besef dat Atalia die kinders almal sou doodmaak. Sy het hom en sy verpleegster in ’n ander kamer gaan wegsteek. Op dié manier het Jehoseba, die vrou van die priester Jojada, Joas se lewe gered.

12. Hulle het hom ses jaar lank in die tempel weggesteek terwyl Atalia Juda regeer het.

2 Kronieke 22