2 Konings 19:5-7 Die Boodskap (DB)

5. Hiskia se amptenare het die boodskap vir Jesaja gegee.

6. Hy sê toe vir hulle: “Hierdie boodskap van God is vir koning Hiskia bedoel. Die Here sê: ‘Moenie bekommerd wees oor die manier waarop die Assiriese afvaardiging met My gespot het nie.

7. Jy kan maar weet Ek gaan teen hulle optree. Die Assiriese koning gaan ’n boodskap van die huis af kry wat hom sal laat besluit om huis toe te gaan. Ek sal dan sorg dat hy daar in sy eie land vermoor word.’”

2 Konings 19