1 Samuel 20:27-30 Die Boodskap (DB)

27. Maar die volgende dag, die tweede nuwemaansdag, was Dawid se plek wéér leeg. Toe vra Saul vir Jonatan: “Hoekom het die seun van Isai nie gister of vandag saam met ons kom eet nie?”

28. Jonatan sê toe: “Dawid het by my toestemming gevra om Betlehem toe te gaan.

29. Hy het gesê: ‘Verskoon my, asseblief; ons familie in Betlehem het ’n familieoffer, en my oudste broer het gesê ek moet kom. As dit vir jou reg is, sal ek graag wil gaan en my familie gaan sien.’ Daarom het hy nie na die koning se ete gekom nie.”

30. Saul het hom bloedig vir Jonatan vererg en geskree: “Jou opstandige klein sot! Dink jy ek weet nie dat jy kant gekies het vir daardie seun van Isai nie? En dit tot jou eie skande en die skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het!

1 Samuel 20