1 Kronieke 9:17-22 Die Boodskap (DB)

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoof

18. en is nou nog die poortwag by die koningspoort aan die oostekant. Die familie was die poortwagte by die Leviete se kampe.

19. Sallum was die seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag. Die mense uit die Koragietefamilie was die drumpelwagte by die tentheiligdom. Dit is dieselfde werk wat hulle voorouers in die woestyn by die ingang tot die kamp van die volk van die Here gedoen het.

20. Vroeër was Pinehas, Eleasar se seun, hulle hoof en die Here was by hom.

21. Sagaria, Meselemja se seun, was ’n wag by die ingang van die tent van ontmoeting.

22. Daar is 212 mense as poortwagte gekies. Hulle name is volgens hulle woonplekke in die register neergeskryf. Dawid en Samuel, die siener, het hulle nog in hulle poste aangestel.

1 Kronieke 9