1 Kronieke 7:24-28 Die Boodskap (DB)

24. Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.

26. Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,

27. sy seun Nun en sy seun Josua.

28. Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.

1 Kronieke 7