1 Kronieke 5:9-19 Die Boodskap (DB)

9. In Gilead het hulle vee só baie geword dat hulle al verder oos getrek het tot teen die woestyn wat tot aan die oewers van die Eufraatrivier strek.

10. In Saul se tyd het hulle die Hagareërs aangeval en verslaan. Hulle het toe in die dorpies gaan woon wat hulle oorwin het. Dit was die hele oostelike deel van Gilead.

11. Die afstammelinge van Gad het langs die Rubeniete in Basan gewoon. Hulle het tot so ver oos as Salka gewoon.

12. Joël was die leier in Basan en Safam was die tweedebelangrikste leier. Verder was daar ook nog Janai en Safat.

13. Hulle stamgenote was volgens hulle families: Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam.

14. Hulle was afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15. Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was die leier van hulle familiegroepe.

16. Hulle het in Gilead en in Basan met sy dorpies gewoon en ook die weivelde van Saron gebruik, so ver as wat dit gestrek het.

17. Dié registers is almal opgestel in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam II van Israel.

18. Die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam het 44 760 weerbare manne gehad. Hulle was goed opgeleide soldate wat met skild en swaard en pyl en boog gewapen was.

19. Toe hulle die Hagareërs en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,

1 Kronieke 5