1 Kronieke 5:11-24 Die Boodskap (DB)

11. Die afstammelinge van Gad het langs die Rubeniete in Basan gewoon. Hulle het tot so ver oos as Salka gewoon.

12. Joël was die leier in Basan en Safam was die tweedebelangrikste leier. Verder was daar ook nog Janai en Safat.

13. Hulle stamgenote was volgens hulle families: Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam.

14. Hulle was afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15. Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was die leier van hulle familiegroepe.

16. Hulle het in Gilead en in Basan met sy dorpies gewoon en ook die weivelde van Saron gebruik, so ver as wat dit gestrek het.

17. Dié registers is almal opgestel in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam II van Israel.

18. Die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam het 44 760 weerbare manne gehad. Hulle was goed opgeleide soldate wat met skild en swaard en pyl en boog gewapen was.

19. Toe hulle die Hagareërs en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,

20. het hulle tot God gebid en hulp ontvang. Hy het hulle gehelp omdat hulle in Hom geglo het en hulle het die Hagareërs en almal wat aan die Hagareërs se kant was, oorwin.

21. Hulle het ook baie vee gebuit: 50 000 kamele, 250 000 stuks kleinvee en 2 000 donkies. Daarby het hulle ook nog 100  000 mense gevange geneem

22. en baie mense is in die gevegte dood, want God het dié oorlog gevoer. Hulle het toe in die verowerde gebied gewoon totdat die ballingskap aangebreek het.

23. Die halwe Manassestam het in ’n gebied gewoon wat van Basan af tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg gestrek het. Hulle was baie.

24. Hulle familiehoofde was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal goeie vegters, met ’n goeie naam en leiers van hulle families.

1 Kronieke 5