1 Kronieke 26:27-32 Die Boodskap (DB)

27. Hulle het ’n deel van hulle oorlogsbuit gegee om die huis van die Here te help onderhou.

28. Selomit-hulle het beheer gehad oor alles wat Samuel, die siener, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner en Joab seun van Seruja, aan die Here gewy het en oor alle ander items wat gewy is.

29. Die Jishargroep, Kenanja en sy familie, het allerlei soorte werk buite die tempel gedoen, soos om die orde te handhaaf en regters te wees.

30. Die Hebrongroep, Gasabja en 1 700 van sy mense, is wes van die Jordaanrivier verantwoordelik gemaak vir alles wat Israel s’n was. Hulle moes sorg vir al die dinge van die Here en vir die koninklike diens.

31. Dan was daar ook Jerija, die hoof van die Hebrongroep. In die 40ste jaar van Dawid se regering is ’n opname van die Hebrongroep gemaak. Daar is toe in Jaser wat in Gilead lê, uiters bekwame mans gevind.

32. Daar was 2 700 bekwame mans tussen Jerija se mense. Hulle was almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake rakende die diens van God en die koning.

1 Kronieke 26