29. Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien.Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak,kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is.
30. Al die mense op aarde moet besef hoe klein hulle teenoor die Here is.Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê.
31. Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop.Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu.Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
32. Ook die see en alles daarin mag nie stilbly nie.Oor die velde moet die gejuig weergalm,
33. die bome van die woud moet saam weerklink.Hierdie uitbundige jubeling is bedoel vir die Here,want Hy kom na ons toe.Hy kom om oor alle mense te oordeel.
34. Prys die Here,want Hy is goed.Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd!
35. Sê: Ag, Here ons God, kom help ons tog!Kom haal ons hier tussen die nasies uit,sodat ons u heilige Naam kan loofen bly kan wees oor al u goedheid!
36. Die Here, die God van Israel, moet geloof word,nou en vir altyd.Die hele volk het uitgeroep: “Amen” en hulle het die Here geloof.
37. Dawid het die diens wat gereeld elke dag by die verbondsark van die Here gedoen moes word, aan Asaf en sy mede-Leviete oorgelaat.
38. Obed-Edom, Jedutun se seun, en Hosa het met 68 Leviete as hekwagte begin werk.
39. Intussen het Dawid vir Sadok en die ander priesters by die tentheiligdom van die Here op die hoogte by Gibeon laat bly.
40. Hulle moes volgens die Here se wet elke oggend en aand vir Israel brandoffers op die altaar vir die Here verbrand.