8. U moet keer dat ek nie vals is en lieg nie,U moet my nie arm of ryk maak nie,U moet vir my net die kos gee wat ek nodig het.
9. Want as ek te veel het, dan sal ek miskien sêdat ek U nie ken nie,ek sal vra: “Wie is die Here?”En as ek arm is, dan sal ek miskien steelen nie die Naam van my God respekteer nie.
10. Jy moenie slegte dinge oor ’n slaafvir sy eienaar sê nie,die slaaf sal jou miskien vervloek,en dit sal sleg gaan met jou.
11. Daar is mense wat hulle ouers vervloeken wat nie wil hê dat dit goed moet gaan met hulle nie.
12. Daar is mense wat dink hulle is skoon,maar hulle is vuil, hulle het nie gewas nie.
13. Daar is mense wat baie hoogmoedig is,mense wat dink hulle is beter as ander mense.
14. Daar is mense wat maklik ander mense doodmaak,hulle vat alles wat die mense hetwat hulleself nie kan beskerm nie,hulle laat die mense sterf wat niks het nie.
15. Die bloedsuier wil altyd aanhou om bloed uit te suig.Daar is drie dinge wat altyd meer wil hê,daar is vier dinge wat nooit sê:“Dit is nou genoeg” nie.
16. Dit is die doderyk,’n vrou wat nie ’n kind kan kry nie,die grond wat altyd meer water wil hê,en ’n vuur wat nooit sê:“Dit is nou genoeg” nie.
17. Wanneer iemand sy ouers spoten nie wil doen wat hulle sê nie,dan sal die kraaie sy oë uitpik,en die aasvoëls sal sy oë opvreet.
18. Daar is drie dinge wat vir my wonderlik is,daar is vier dinge wat ek nie verstaan nie:
19. Dit is hoe ’n arend in die lug bly,hoe ’n slang oor ’n rots seil,hoe ’n skip op die see seil,en hoe ’n man ’n vrou probeer kry.