Spreuke 30:15-27 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die bloedsuier wil altyd aanhou om bloed uit te suig.Daar is drie dinge wat altyd meer wil hê,daar is vier dinge wat nooit sê:“Dit is nou genoeg” nie.

16. Dit is die doderyk,’n vrou wat nie ’n kind kan kry nie,die grond wat altyd meer water wil hê,en ’n vuur wat nooit sê:“Dit is nou genoeg” nie.

17. Wanneer iemand sy ouers spoten nie wil doen wat hulle sê nie,dan sal die kraaie sy oë uitpik,en die aasvoëls sal sy oë opvreet.

18. Daar is drie dinge wat vir my wonderlik is,daar is vier dinge wat ek nie verstaan nie:

19. Dit is hoe ’n arend in die lug bly,hoe ’n slang oor ’n rots seil,hoe ’n skip op die see seil,en hoe ’n man ’n vrou probeer kry.

20. ’n Vrou wat egbreuk pleeg,is soos iemand wat eet en haar mond afveeen sê: “Ek het niks verkeerd gedoen nie.”

21. Daar is drie dinge wat almal kwaaden ontsteld laat word,daar is vier dinge waarvan mense niks hou nie:

22. Dit is wanneer ’n slaaf koning word,wanneer ’n dwaas te veel geëet het,

23. wanneer ’n vrou wat nooit ’n man kon kry nie,later trou,en wanneer ’n slavin trou met die man van haar eienares.

24. Daar is vier dinge op die aarde wat klein ismaar wat meer wysheid het as almal:

25. Miere is nie sterk nie,maar in die somer bêre hulle kos vir die winter.

26. Dassies is nie sterk nie,maar hulle woon op die rotse.

27. Sprinkane het nie ’n koning nie,maar hulle vlieg saam in swerms.

Spreuke 30